Dra Afrikaner

Afrikaner bloed vloei al vir dekades deur ons are.


Ons voorvaders het in die vroeë 1800’s Afrikaners as ‘n vervoermiddel gebruik en later ook met hulle begin teel. As klein kindertjies het ons op koue wintersoggende in die Klipkraal gespeel. Om die effek van die winter se snerpende koue bietjie te verminder, het ons met ons kaal voete in die warm mis gaan staan. Warmer pantoffels sal jy nêrens kry nie!


Ek was nog altyd bestem om met Afrikaners te boer, dis deel van wie ek is. Sedert 2019 dien die Afrikaner bees ook as die fondasie waarop ons, ons besigheid bou.


‘n Afrikaner bees is gehard, uniek, trots en langlewend. Met Dra Afrikaner, streef ons daarna om die einste kenmerke in ons produkte uit te beeld.Ons produkte is trots Suid Afrikaans en word vervaardig uit top-gehalte materiale wat wind en weer sal trotseer, maar so taai soos wat ons produkte is, so sag is dit op die oog. Ons hoop julle is so trots daarop om ons Dra Afrikaner produkte te dra en te gebruik, soos ons daarop is om dit te vervaardig.


Groete, Jandré en Alicia